1. In die begin het God die hemel en die aarde gemaak.
2. Die aarde was ‘n onherkenbare ruïne en sonder form en dit was donker oor die groot waters. God se Gees het oor die waters gehang.
3. En God het die lig wat Hy in die begin gemaak het beveel om weer op die aarde te skyn en die lig het geskyn.
4. God het gesien dat die lig goed was en het dit goedgekeur. So het God weer die lig van die donker geskei.
5. God het die lig dag genoem en die aarde nag. Dit was dan die eerste dag [van die herstelproses].
6. God het gesê: “Laat daar ‘n vasteland wees en laat dit die waters van mekaar skei”
7. En die vasteland wat eers met water bedek was, het bokant die water verskyn. So is die water wat onder die vasteland is, geskei van die waters wat bo die vasteland is.
8. God het die hemelruim “hemel” genoem [nie Sy woonplek hemel nie maar die hemel soos van die aarde af gesien] en dit was dan die tweede dag [van die herstel proses]
9. Daarna het God die water wat op die aarde was byeen laat kom op sekere plekke en so het die droë land weer op die aarde verskyn.
Gen 1:10 God het die droë land “aarde” genoem en die water het God “see” genoem. God het daarna gekyk en was tevrede daarmee.
Gen 1:11 En God het die aarde beveel om plantegroei voort te bring. Party plante het saad voortgebring volgens hulle eie soorte en vrugtebome wat vrugte met saad in gedra het, elkeen volgens sy soort. En dit was so.
Gen 1:12 Die aarde het plantegroei voortgebring: plante wat saad voortgebring het volgens hulle soort, bome wat vrugte voortgebring het met hulle saad daarin, elkeen volgens sy soort. God het gesien dat dit goed was.
Gen 1:13 En dit was die derde dag.
Gen 1:14 En God het die sterre in die hemel beveel om die dae van die nagte te onderskei, om tekens te wees van God se voorsienigheid en om die seisoene, dae en jare te merk.
Gen 1:15 En ook om te dien as ligte vir die aarde – en dit was so.
Gen 1:16 En God het die son aangestel om in die dag te skyn en die maan om in die nag te skyn. Ook die sterre het God aangestel.
Gen 1:17 En God het hulle aangestel om as ligte op die aarde te dien.
Gen 1:18 Om oor die dag te heers en oor die nag, en om die lig van donker te skei. God het gesien dat dit goed was.
Gen 1:19 En dit was die vierde dag.
Gen 1:20 En God het beveel dat die waters oorvloedig lewende wesens moet voortbring en dat voëls oor die aarde moet vlieg in die ooptes van die hemel.
Gen 1:21 En God het die groot visse en elke lewende wese wat die water voortgebring het, gemaak volgens hulle soorte. God het ook alle diere met vlerke gemaak volgens hulle soorte, en God het gesien dat dit goed was.
Gen 1:22 En God het hulle geseën en gesê – Wees vrugbaar, vermenigvuldig en vul die water van die see en laat die voëls op die aarde vermenigvuldig.
Gen 1:23 En dit was die vyfde dag.
Gen 1:24 En God het die aarde beveel om lewende wesens volgens hulle soort voort te bring; Beeste, kruipende wesens en al die diere volgens hulle soorte – en dit was so.
Gen 1:25 En God het die diere volgens hulle soorte gemaak en ook elke dier wat op die aarde kruip, elkeen volgens sy soort en God het gesien dat dit goed was.
Gen 1:26 En God het gesê: Kom dat ons die mens maak volgens Ons beeld, en laat hulle beheer hê oor die visse van die see, oor die voëls in die lug en oor die diere, oor die hele aarde en oor elke ding wat op die aarde kruip.
Gen 1:27 So het God die mens gemaak volgens God se beeld, man en vrou het God hulle gemaak.
Gen 1:28 En God het hulle geseën en vir hulle beveel om te vermenigvuldig en om die aarde te herbevolk en die beheer daaroor op te neem en dit ondergeskik aan hulle te stel. Ook om beheer te neem oor die visse van die see, oor die voëls in die lug en elke lewende wese wat op die aarde beweeg.
Gen 1:29 En God sê: “Kyk, al die kruie wat saad dra op die aarde en elke boom wat vrug dra, is vir julle om te eet.
Gen 1:30 Die groen kruie is aan elke dier op die aarde, voël in die lug en elke lewende wese wat op die aarde kruip gegee om te eet.
Gen 1:31 En God het gesien dat alles wat Hulle gemaak het, baie goed was. En dit was die sesde dag.
