Die woord wat gewoonlik as “God” vertaal word is die woord “Elohim” wat ‘n meervouds form is (meer as een).
Die Vader
Die Seun (Jesus)
Die Heilige Gees
Aanbid Christene dan meer as een God?
Kom ons kyk eers na die woord aanbid, of liewer die woord “worship” – Merriam-Webster woordeboek:
“to honor or show reverence for as a divine being or supernatural power
to regard with great or extravagant respect, honor, or devotion”
Daar is geen twyfel dat die Vader, Jesus en die Heilige Gees absoluut eerbaarbare bonatuurlike Wesens is nie, Wesens wat ons onverdeelde aanbidding waardig is.
Die Een wat in beheer van alles is, is die Vader. Jesus het die volgende verklaar toe hulle wou weet wanneer Jesus weer sou kom:
Mat_24:36 But of that day and hour knoweth no man, no, not the angels of heaven, but my Father only. Mar_13:32 But of that day and that hour knoweth no man, no, not the angels which are in heaven, neither the Son, but the Father.
Die Vader het toegelaat dat Sy Seun geslaan en gemartel is sodat deur Sy wonde daar vir ons genesing gekom het. Hy het toegelaat dat Sy Seun op die kruis sterf sodat daar vir ons sondes betaal is en vrede tussen ons en God moontlik sou word.
Joh_1:29 The next day John seeth Jesus coming unto him, and saith, Behold the Lamb of God, which taketh away the sin of the world.
Die Heilige Gees word ook die Trooster genoem. Jesus het Hom na ons toe gestuur:
Hy sal vir ons lei wat om te sê wanneer ons aangekla word – Mat 13:11
Hy is ons Trooster en die Een wat ons leer – Joh 14:26
Hy gee ons die krag wat ons nodig het om Jesus se opdrag uit te voer – Act 1:8
Hy gee ons ‘n taal om in te praat wat mense nie verstaan nie maar wat ‘n direkte lyn is tussen jou gees en die troon – Act 2:4
Al God se kinders kan met die Heilige Gees gevul word anders as in die ou testament toe die Heilige Gees vir ‘n tyd op sekere mense gekom het – Luk 11:13